And homosexual Ministers are no longer required to remain celibate. I saw the news in Die Burger today.
NG Kerk sê finaal ja: Gay mense is welkom:
Met amper geen besoekers in die besoekersgalery het die NG Kerk gay mense volledig in die kerk – as gelykes – verwelkom.
Die afgevaardigdes het Vrydag in Pretoria met 114 stemme die gewysigde voorstel ingestem. 63 stemme was daarteen.
Gay predikante hoef nie meer selibaat te wees nie en kan in ‘n burgerlike verbintenis wees.
Die selibaatheidsklousule wat in die besluit van 2007 ingeskryf is, is heeltemal verwyder.
Die besluit bevestig weer dat ‘n huwelik tussen een man en een vrou is.
Dit is egter nou amptelik dat “burgerlike verbintenisse van persone van dieselfde geslag wat gekenmerk word deur liefde en trou” bevestig kan word deur predikante wat “hul weg oopsien” om dit te doen.
Die algemene sinode het reeds Donderdag in ‘n toetsstem die voorstel van dr. André Bartlett, wat die raamwerk van die finale besluit is, aanvaar….
More here.